Kanadese nasionale krieketspan

Kanada
Kenteken van die Kanadese nasionale krieketspan
BynaamMaple leafers
KonferensieKrieket Kanada (CC)
Personeel
KapteinSaad Bin Zafar
AfrigterVlag van Sri Lanka Pubudu Dassanayake
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1968)
IKR-streekAmerikas
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI15de11de (op 1 Januarie 2007)
T20I23ste18de (op 19 September 2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Pakistan Pakistan op Headingley, Leeds; 9 Junie 1979
Laaste EDIt Vlag van Skotland Skotland op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 7 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]8924/63 (26,96%)
(0 gelykop, 2 onbeslis)
Vanjaar[3]74/3
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings4/13 (eerste in 1979)
Beste uitslagGroepfase (in 1979, 2003, 2007 en 2011)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslagNaaswenner (in 1979 en 2009)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nederland Nederland op Stormont, Belfast; 2 Augustus 2008
Laaste T20It Vlag van Indië Indië op Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale; 15 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6131/27 (50,81%)
(2 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]71/6
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings1/9 (eerste in 2024)
Beste uitslagEerste rondte (in 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 2008)
Beste uitslagWenner (in 2023)
EDI-klere
T20I-klere

Die Kanadese nasionale krieketspan (Engels: Canada national cricket team; Frans: Équipe du Canada de cricket), met die bynaam “Maple leafers”, is die nasionale krieketspan wat Kanada in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Kanada deur Krieket Kanada (CC, van Engels en Frans: Cricket Canada) beheer. Kanada is sedert 1968 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Saam met Bermuda en die Verenigde State is Kanada tradisioneel een van die sterker nasionale krieketspanne van die Amerikas na die volle lid Wes-Indië.

Hoewel Kanada nie gemagtig is om toetswedstryde te speel nie, het die span wel deelgeneem aan internasionale eendagwedstryde en eersterangse wedstryde (in die IKR Interkontinentale Beker) teen ander nietoetsspelende lande. Die wedywering met die Verenigde State is so sterk in krieket as wat dit in enige ander spansport is en albei spanne ding jaarliks om die K.A. Auty-beker mee. Die wedstryd tussen die twee lande is in der waarheid die oudste internasionale wedywering in krieket en is reeds in 1844 uitgespeel. Kanadese krieket is geneig om ’n laer profiel as die meeste ander sportsoorte in te neem en die span word meestal saamgestel uit uitgewekenes van meer suksesvolle krieketlande. Sulke spelers probeer om ’n vlak van internasionale ervaring te bereik deur vir Kanada te speel wanneer hulle as te oud geag word om vir hul onderskeie nasionale spanne te verskyn. Die Kanadese Krieketwêreldbeker 2003-span het byvoorbeeld verskeie spelers ingesluit wat in Sri Lanka, Indië, Pakistan en Wes-Indië gebore is.

Kanada se eerste internasionale wedstryd teen ’n ander span as die Verenigde State was in 1893, toe Australië na Kanada getoer het.[6] Net soos ander assosiaatlede van die IKR het Kanada in 1979 aan sy eerste internasionale toernooi deelgeneem, die IKR-trofee in Engeland, waar Kanada vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer het, nadat hulle net na Sri Lanka tweede geëindig het. Daarna het Kanada eers weer in 2003 vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, hoewel hulle die hele tyd een van die toonaangewende assosiaatlede was. Tussen 2006 en 2013 het Kanada beide EDI- en T20I-status geniet, nadat hulle vir die Krieketwêreldbeker 2007 en die Krieketwêreldbeker 2011 gekwalifiseer het. Sedert die nuwe Wêreldkrieketliga van stapel gestuur is, het hulle egter nie meer so goed gevaar nie – Kanada was onder die laaste spanne tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifikasie en die Wêreldkrieketliga se afdeling twee in 2015, en is vervolgens tot die Wêreldkrieketliga se afdeling drie afgeskakel. In 2023 het Kanada sy EDI-status herwin, nadat hulle tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 se uitspeelrondte bo Papoea-Nieu-Guinee geëindig het.[7]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Kanada ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[8] Kanada is tans (Junie 2024) 15de op die eendagranglys en 23ste op die Twintig20-wêreldranglys.[9][10]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Other matches played by Canada". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 11 Januarie 2020.
  7. (en) Shounak Sarkar (22 Mei 2023). "Cricket Canada President talks ODI Status and the return of GT20". Emerging Cricket. Besoek op 16 Junie 2024.
  8. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 16 Junie 2024.
  9. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
  10. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 16 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search