Karakoroem

Hierdie artikel handel oor die ou hoofstad van die Mongoolse Ryk. Vir die bergreeks in Sentraal-Asië, sien Karakoram.
’n 13de-eeuse steenoond in Karakoroem.
’n 13de-eeuse steenskilpad op die terrein van die stad.
’n Model van die stad in die Nasionale Museum van die Mongoolse Geskiedenis in Ulaan-Baatar.
’n Moderne rekonstruksie van die Silwerboom van Karakoroem.

Karakoroem (Mongools: Хархорум, Charchoroem) was die hoofstad van die Mongoolse Ryk in die 13de eeu en van die noordelike Yuan-dinastie in die 14de tot 15de eeu. Die stad se ruïnes lê in die noordweste van die provinsie Övörkhangai in Mongolië, naby die moderne stad Charchorin. Dit is deel van die wêrelderfenisgebied Orchonvallei-kultuurlandskap.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search