Keiser van Japan

Standaard van die Keiser van Japan
Die Keiserlike Seël van Japan

Die Keiser (天皇 tennō?, letterlik "hemelse vors",[1]) van Japan is die land se monarg. Hy is die hoof van die Japannese Keiserlike Familie. Volgens Japan se huidige grondwet is die Keiser die "simbool van die staat en die eenheid van die volk," en dien as seremoniële hoof in die grondwetlike monargie.

Die huidige keiser is Sy Keiserlike Majesteit die Keiser Naruhito, wat die Krisantetroon bestyg het toe sy vader Keiser Akihito in 2019 abdikeer het. Hy is die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[2]

Die rol van die keiser van Japan het histories gewissel van dié van 'n opperrang geestelike met grootliks simboliese magte en dié van 'n werklike keiserlike heerser. 'n Onderliggende keiserlike kultus (die idee van Arahitogami) beskou die keiser as van goddelike afstamming. Tot 1945 was die Japannese monarge altyd amptelik militêre aanvoerders. Anders as in die geval van westerse monarge, het hulle die funksie nie in praktyk uitgevoer nie. Japannese keisers is byna altyd tot 'n mindere of meerdere mate deur ander politieke magte beheer.

Sedert die middel van die 19de eeu het die Keiserlike Paleis as "Kyūjō" (宮城) bekendgestaan. Later is dit hernoem na Kōkyo (皇居), en was geleë op die voormalige terrein van die Edo-kasteel in die hartjie van Tokio. Vroeëre keisers het vir byna elf eeue in Kioto gewoon.

  1. Die etimologie is onbekend en menings daaroor verskil, 1. apotheosize Polaris (antieke Chinese mities, sien ja:天皇大帝), 2. Keiser Gaozong van Tang se appenllation 3. variasies van "天王 (letterlik hemelse koning)" (sien 天皇)
  2. (en) Nussbaum, Louis-Frédéric (2002). Traditional order of Tennō. pp. 962–963. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search