Keiserlike Stad, Beijing

Keiserlike Stad
Tiananmen, die suidelike poort van die Keiserlike Stad.
Tiananmen, die suidelike poort van die Keiserlike Stad.
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   北京皇城
Pinyin Huángchéng

Die Keiserlike Stad was deel van die stad Beijing tydens die Ming- en Qing-dinastie, met die Verbode Stad as sy middelpunt. Dit verwys na die versameling tuine, heiligdomme en ander diensgebiede tussen die Verbode Stad en die Binnestad van antieke Beijing. Die Keiserlike Stad was omring deur ’n stadsmuur en kon deur sewe poorte bereik word. Dit sluit historiese plekke in soos die Verbode Stad, Tiananmen, Zhongnanhai, Beihai-park, Zhongshan-park, Jingshan-park, die Keiserlike Voorouertempel en Xiancantan.[1]

  1. The Imperial City Art Museum "China Through A Lens"

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search