Keniaanse nasionale krieketspan

Kenia
Kenteken van die Keniaanse nasionale krieketspan
BynaamSimbas
KonferensieKrieket Kenia (CK)
Personeel
T20I-kapteinRakep Patel
AfrigterVlag van Kenia David Obuya
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met T20I-status (1981)
IKR-streekAKV (Afrika)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI10de (1 Mei 1998)
T20I33ste12de (1 Maart 2007)
Internasionale krieket
Eerste internasionale1 Desember 1951 t Tanzanië in Nairobi
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Indië Indië op Barabati-stadion, Cuttack; 18 Februarie 1996
Laaste EDIt Vlag van Skotland Skotland op Hagley-ovaal, Christchurch; 30 Januarie 2014
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]15442/107 (27,27%)
(0 gelykop, 5 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings5/13 (eerste in 1996)
Beste uitslagHalfeindstryd (in 2003)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
7 (eerste in 1982)
Beste uitslagNaaswenner (in 1994 en 1997)
Kampioenetrofee-verskynings3/9 (eerste in 2000)
Beste uitslagGroepfase (in 2002 en 2004)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Bangladesj Bangladesj op Gymkhana Klubveld, Nairobi; 1 September 2007
Laaste T20It Vlag van Uganda Uganda Achimota-ovaal A, Accra; 23 Maart 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]9448/43 (51,06%)
(0 gelykop, 3 onbeslis)
Vanjaar[5]31/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings1/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagEerste rondte (in 2007)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 2008)
Beste uitslag4de plek (in 2008 en 2023)
EDI-klere

Die Keniaanse nasionale krieketspan (Engels: Kenya national cricket team; Swahili: Timu ya kriketi ya Kenya), met die bynaam Simbas[6] (Swahili vir “leeus”), is die nasionale krieketspan wat Kenia in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Kenia deur Krieket Kenia beheer. Die land is sedert 1981 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad, nadat hulle vroeër van die Oos-Afrikaanse krieketspan weggebreek het. Sedertdien het hulle tussen 1996 en 2011 aan vyf krieketwêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die Krieketwêreldbeker 2003 het die medegasheer Kenia tot die halfeindrondte gevorder, hul beste prestasie tot dusver. Kenia kon tot dusver slegs een keer vir die T20I-wêreldbeker kwalifiseer, in 2007. Saam met Namibië en Uganda is Kenia tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe.

Kenia het van 1996 EDI-status in voorbereiding op die Krieketwêreldbeker 1996 geniet en het dié status 18 jaar lank behou, nadat hulle tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifikasie in die vyfde plek geëindig en hul EDI-status verloor het. Van April 2019 tot Desember 2022 het Kenia deelgeneem aan die 2019/21 Krieketwêreldbeker Uitdaagliga wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 gedien het.[7]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Kenia ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[8] Kenia is tans (Junie 2024) 33ste op die Twintig20-wêreldranglys.[9]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ICC T20 World Cup Africa Final – Unique Trophy Shoot Leaves Captains In Awe". Ugandese Krieketvereniging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 16 Julie 2019.
  7. (en) "All to play for in last ever World Cricket League tournament". Internasionale Krieketraad. 11 April 2019. Besoek op 20 Junie 2024.
  8. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 20 Junie 2024.
  9. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 20 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search