Kennis

Die verpersoonliking van kennis in die antieke Celsus-biblioteek in Efese, nou in Turkye. (125 n.C.)
Vir ’n artikel oor die ensiklopedie, sien Kennis (ensiklopedie).

Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees (’n kennis ter wille daarvan om te weet) of prakties (om voordeel uit die kennis te trek).

In filosofie word die studie van kennis epistemologie genoem; die filosoof Plato het kennis gedefinieer as "geregverdigde ware geloof". Daar bestaan egter baie definisies van kennis en teorieë om dit te verduidelik.

Verskeie soorte kennis bestaan: van selfkennis tot godskennis, van vakkennis tot wetenskaplike kennis, van landskennis tot taalkennis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search