Kent (musiekgroep)

Kent
Kent in 'n optrede by die Roskilde Festival in 2005
Agtergrondinligting
OorsprongEskilstuna (Swede)
GenresRock
Jare aktief1990 – hede
EtiketteSony BMG
Webwerfkent.nu
LedeJoakim Berg
Markus Mustonen
Sami Sirviö
Martin Sköld
Gewese ledeThomas Bergqvist (1990–1992)
Martin Roos (1992–1995)
Harri Mänty (1996–2006)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Kent is 'n Sweedse musiekgroep met oorsprong in Eskilstuna in 1990 onder die naam Coca-Cola Kids, waarna hulle later as Jones & Giftet (Afrikaans: Jones & die Gif), en toe Havsänglar (Afrikaans: Engelhaaie) bekend gestaan het. Sedert die groep se deurbraaktreffer, "Kräm (så nära får ingen gå)" (Afrikaans: Room (so naby durf niemand kom nie)), het hulle al heelwat groot Sweedse radiotreffers gehad. Teen 2007 was hulle een van die gewildste rockgroepe in Swede, dog het hulle min of meer onbekend buite Skandinawië gebly. Kent het vir 'n kort rukkie 'n internasionale loopbaan aangedurf met Engelse weergawes van hul albums Isola en Hagnesta Hill, saamgaande met musiektoere deur die Verenigde State vir eersgenoemde album. Hulle het egter tou opgegooi nadat hulle nie die deurbraak bereik het waarop hulle gehoop het nie. Kent het hul Skandinawiese pogings voortgesit met nog drie albums en 'n EP. Hulle het al heelwat toekennings verwerf en word algemeen beskou as Swede se gewildste musiekgroep. Die groep het al meer as 'n miljoen albums verkoop. Die groep bestaan uit die lede Joakim Berg op voorsang en ritmiese kitaar, Martin Sköld op baskitaar en sintetiese klavier, Markus Mustonen op tromme, klavier, sintetiese klavier en agtergrondsang, en Sami Sirviö op hoofkitaar en sintetiese klavier. Twee van die groep se vier lede is Sweedse Finne. Gewese lede is Harri Mänty op ritmiese kitaar, programmering en tromme (1996–2006), Thomas Bergqvist op sintetiese klavier (1990–1992), en Martin Roos op ritmiese kitaar (1992–1995). Die groep het 'n kenmerkende logo wat van 'n kleinletter "k" gebruik maak en in die ITC Avant Garde Gothic Book font geskryf is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search