Kepler-ruimteteleskoop

Kepler-ruimteteleskoop
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler.
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler.
Operateur Nasa
Soort tuig Teleskoop/sterrewag
Gelanseer 7 Maart 2009
Hoogte AE
Periode 372,5 dae
Lanseringsvuurpyl Delta II (7925-10L)
Duur van sending ≥ 7,5 jaar
Verstreke: 15 jaar, 4 maande en 10 dae
Massa 1 052 kg
Deursnee 0,95 m
Webtuiste Kepler
Status Aktief

Kepler is ’n ruimteteleskoop wat deur Nasa gelanseer is om Aardtipe-planete om ander sterre te vind.[1] Die ruimtetuig, wat na die sterrekundige Johannes Kepler genoem is,[2] is op 7 Maart 2009 gelanseer.[3]

Die tuig is ontwerp om ’n deel van ons omgewing van die Melkweg te verken en duisende eksoplanete te ontdek wat soortgelyk aan die Aarde is en binne of naby die bewoonbare sone van sterre voorkom. Dit moet ook meet hoeveel miljarde sterre in ons sterrestelsel sulke planete het.[4] Kepler se enigste instrument is ’n fotometer wat die helderheid van meer as 145 000 hoofreekssterre in ’n vaste sigveld voortdurend meet.[5] Dié data word na die Aarde gestuur, waar dit bestudeer word om periodieke verdowwings in sterre waar te neem wat veroorsaak word deur eksoplanete wat voor die sterre verbybeweeg.

  1. Koch, David; Gould, Alan (Maart 2009). "Kepler Mission" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2004. Besoek op 14 Maart 2009.
  2. DeVore, Edna (9 Junie 2008). "Closing in on Extrasolar Earths". SPACE.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2009. Besoek op 14 Maart 2009.
  3. Nasa-personeel. "Kepler Launch". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2017. Besoek op 18 September 2009.
  4. Nasa-personeel. "Kepler Mission/QuickGuide" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2017. Besoek op 20 April 2011.
  5. AAS-personeel. "Meeting Program and Block Schedule" (in Engels). American Astronomical Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2012. Besoek op 20 April 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search