Kerk van die Verlosser op Bloed

Hoëdinamiesereeks-foto van die Kerk van die Verlosser op Bloed.
Vir die Kerk op Bloed in Jekaterinburg, sien Kerk op Bloed.

Die Kerk van die Verlosser op Bloed (Russies: Храм Спаса на Крови, Chram Spasa na Krowi) is een van die belangrikste besienswaardighede in Sint Petersburg, Rusland. Dit word ook genoem die Kerk op Gestorte Bloed en die Katedraal van die Wederopstanding van Christus (Собор Воскресения Христова, Sobor Woskresenija Christowa), sy amptelike naam. Die bynaam verwys na die bloed van tsaar Aleksander II wat op 13 Maart [O.S. 1 Maart] 1881 daar gesterf het in ’n sluipmoordaanval.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search