Khan

Khan (Mongools: хан chan, Turks: han, Oudturks: kan, Chinees: 汗 hán; uitgespreek /kɑːn/) is ’n historiese titel van onsekere oorsprong wat in Middeleeuse Sentraal-Asiatiese gemeenskappe gebruik is om na ’n heerser of militêre leier te verwys. Dit is die eerste keer deur die Blouturke gebruik as ’n variant van khagan (keiser) vir ’n ondergeskikte leier. In die Seldjoekse Ryk was dit die hoogste adellike titel, net onder malik en emir (koning).

Daar is eers ná Djengis Khan se dood na hom verwys as "Khagan".

In die Mongoolse Ryk was dit die leier van ’n horde (oeloes), terwyl die hoofleier van die Mongole as die "khagan", of "groot khan", bekend was. Daarna het die titel se belangrikheid afgeneem. In Safawidiese Persië was dit die titel van ’n provinsiale goewerneur en in Mogol-Indië was dit ’n adellike titel vir howelinge. Later het dit ’n van geword.[1] Khan en sy vroulike vorms kom in baie persoonlike name voor, sonder enige aanduiding van adelikheid, hoewel dit steeds ’n algemene van onder adellikes ook is.

  1. J.A. Boyle (1978). "Khān". In van Donzel, E.; Lewis, B.; Pellat, Ch. & Bosworth, C.E. (reds.). The Encyclopaedia of Islam, New Edition, Volume IV: Iran–Kha. Leiden: E.J. Brill. p. 1010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search