Khartoem

Khartoem
الخرطوم

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Soedan Soedan
 Provinsie al-Chartum
 Koördinate 15°35′N 32°31′O / 15.583°N 32.517°O / 15.583; 32.517
 Stigting 1820
 Oppervlakte:  
 - Totaal vk km
 Hoogte bo seevlak 382 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 639 598
 - Bevolkingsdigtheid /vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC +3
 Burgemeester Abdul Halim al Mutafi
Khartoem, Omdoerman en Bahri
Khartoem lê langs die Nyl, 1936

Khartoem (Arabies: الخرطوم) is die hoofstad, en die tweede grootste stad naas Omdoerman, in Soedan. In 2008 het die stad 'n bevolking van 639 598 gehad, en die metropolitaanse gebied 5 274 321.

Khartoem grens aan die Nylrivier op die plek waar die Wit en die Blou Nyl ineenvloei. Vanuit die lug kan die twee kleure van die riviere (blou en wit) duidelik onderskei word.

Dis 'n streng Arabiese land en geen alkohol word toegelaat of verkoop nie. Selfs nie eers in restaurante nie. Besoekers moet toestemming verkry alvorens enige foto's geneem mag word. Openbare vervoer wissel van busvervoer tot huurmotors en die "tuk-tuks" wat driewielmotorfietse is met drie klein sitplekkies agter die bestuurder. Die tuk-tuks is baie gewild en kan oral opgemerk word.

By openbare swembaddens soos hotelle mag die mans en die vroue nie saam swem nie en daar word swembeurte van een uur elk toegepas. Moslemvroue mag glad nie in openbare swembaddens swem nie en vir hulle is daar spesiale binnenshuise swembaddens. Die meerderheid van Moslemvroue in Kartoem dra nie meer die tradisionele swart klere met die gesigbedekkings nie, en oral kan vroue in Westerse drag gesien word.

Sandstorms kom gereeld voor in Khartoem en kan so erg wees dat dit stikdonker word in die middel van die dag. Dan word alle besighede gesluit en selfs die lughawens word gesluit.

Khartoem is besig om in 'n baie moderne stad te ontwikkel met moderne en interessante boustyle vir die nuwe geboue wat opgerig word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search