Klein Hond (sterrebeeld)

Klein Hond

Latynse naam Canis Minor
Genitief Canis Minoris
Afkorting CMi
Grootte 183 vk. grade (71ste)
Regte klimming 8 h
Deklinasie +5º
Kwadrant NQ2
Hoofsterre 2
Helderste ster Procyon (α CMi)
Naaste ster Procyon (α CMi)
Sterre helderder as 3.00m 2
Sterre met planete 0
Aangrensende sterrebeelde Eenhoring
Tweeling
Kreef
Noordelike Waterslang

Die Klein Hond (Latyn: Canis Minor) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is (hoewel net twee sterre geïdentifiseer is) en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word beskou as een van die Jagter se twee jaghonde; die ander een is die Groot Hond.

Dit het net twee helder sterre, Procyon (α CMi, 0,38 mag) en Gomeisa (β CMi, 2,9 mag). Eersgenoemde is die sewende helderste ster aan die naghemel, asook een van die naastes aan die Aarde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search