Klein Sonnestelselliggaam

’n Klein Sonnestelselliggaam (KSSL) is ’n voorwerp in die Sonnestelsel wat nie ’n planeet, dwergplaneet of natuurlike satelliet is nie. Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) het die term in 2006 gedefinieer:

Na alle ander voorwerpe, behalwe satelliete, wat om die Son wentel, sal gesamentlik verwys word as "klein Sonnestelselliggame" ... Dit sluit tans in die meeste van die Sonnestelsel se asteroïdes, die meeste trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's), komete en ander klein liggame.[1]
Die Eulerdiagram met die soorte liggame in die Sonnetselsel.

Dit sluit dus in alle komete en alle kleinplanete buiten dié wat dwergplanete is. Die KSSL's is dus die klassieke asteroïdes, met die uitsondering van die dwergplaneet Ceres; die trojane; die sentoure; en die trans-Neptunus-voorwerpe, buiten Pluto, Haumea, Makemake, Eris en ander wat later as dwergplanete erken kan word.

  1. Resolution B5 - Definition of a Planet in the Solar System (IAU)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search