Kleurlading

Kwarke se kleurladings (rooi, groen en blou) is saam kleurloos.
Antikwarke se kleurladings (antirooi, antigroen en antiblou) is saam ook kleurloos.

’n Kleurlading in teoretiese fisika is ’n eienskap van kwarke en gluone wat verband hou met die deeltjies se sterk wisselwerkings in die teorie van kwantum-chromodinamika (KCD). Daar is geen verband tussen die "kleur" van kwarke en gluone en kleure wat die oog waarneem nie.[1] Dit is eerder ’n gerieflike (en ietwat onvanpaste) naam vir ’n eienskap wat feitlik glad nie voorkom op afstande groter as die grootte van ’n atoomkern nie.

  1. Feynman, Richard (1985), QED: The Strange Theory of Light and Matter, Princeton University Press, p. 136, ISBN 0-691-08388-6 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search