Kolonreiniging

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Kolonreinigingsapparaat

Kolonreiniging omvat 'n aantal alternatiewe mediese terapieë wat na bewering ongespesifiseerde gifstowwe uit die dikderm en dermkanaal verwyder deur enige opeenhoping van ontlasting te verwyder. Van die begin van die eeu het die internetbemarking toegeneem van aanvullings wat vermoedelik vir kolonreiniging is.[1] Kolonreiniging in hierdie konteks moet nie verwar word met 'n enema, waarmee vloeistof onder mediese toesig vir 'n beperkte aantal doeleindes in die dikderm ingebring word nie, soos vir ernstige hardlywigheid[2] of mediese beeldvorming.[3]

Daar is geen wetenskaplike bewyse vir die beweerde voordele van kolonreiniging nie.[4] Sekere voorbereidings vir 'n enema word verbind met hartaanvalle en wanbalanse in die elektroliet. Onbehoorlik voorbereide of gebruikte toerusting kan infeksie of skade aan die derm veroorsaak. Gereelde kolonreinigings kan lei tot afhanklikheid van enemas vir ontlasting en sommige kruie kan die doeltreffendheid van medisyne verminder of die risiko's verbonde aan die gebruik van voorskrifmedisyne verhoog.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Markplek
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Emmanuel
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named barium
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ACS
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Schneider

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search