Kongorivier

Kongorivier
Die Kongorivier naby Mossaka.
Die Kongorivier naby Mossaka.
Die Kongorivier naby Mossaka.

Die stroomgebied van die Kongorivier.

Oorsprong Mitumbagebergte (Demokratiese Republiek die Kongo)
Monding Kongodelta, Angola, Demokratiese Republiek die Kongo
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Republiek die Kongo
Lengte 4 700 km (2 920 myl)
Oorspronghoogte 1 735 m (5 691 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 41 000 m³/s (1 447 901 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 4 014 500 km² (1 550 007 myl²)
Kaart van die Kongorivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Kongorivier-bekken in Afrika.

Die Kongorivier (Frans: fleuve Congo, Portugees: Rio Congo, voorheen ook bekend as die Zaïrerivier) is 'n groot wes-vloeiende rivier in Afrika, die diepste rivier ter wêreld, met 'n diepte van meer as 220 meter (720 voet).[1] Dit is per volume afloopwater die derde grootste rivier ter wêreld. Die rivier, met 'n lengte van 4 700 km (2 920 myl), is ná die Nylrivier die tweede langste rivier in Afrika en die negende langste in die wêreld.

Die Kongorivier vloei deur die volgende lande: Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo en die Republiek die Kongo, asook deur die volgende stede: Brazzaville en Kinshasa en mond uit in die Atlantiese Oseaan.

Die Kongo se naam kan teruggevoer word na die antieke Koninkryk die Kongo, wat die lande by die riviermond beslaan het. Die Demokratiese Republiek die Kongo en die Republiek die Kongo, wat al twee langs die rivieroewers geleë is, is daarna genoem. Tussen 1971 en 1997 het die regering van die destydse Zaïre dit die Zaïrerivier genoem.

  1. (en) Oberg, Kevin (Julie 2008). "Discharge and Other Hydraulic Measurements for Characterizing the Hydraulics of Lower Congo River, July 2008" (PDF). U.S. Geological Survey.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search