Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk

Camilla
Koningin van die Verenigde Koninkryk
en ander lede van die Statebond
Camilla in 2019.
Camilla in 2019.
Geboortenaam Camilla Rosemary Shand
Gebore 17 Julie 1947 (1947-07-17)
Londen, Engeland
Eggenotes
Kinders
  • Tom Parker Bowles
  • Laura Lopes
Vader Bruce Shand
Moeder Rosalind Cubitt

Camilla (op 17 Julie 1947 gebore as Camilla Rosemary Shand en later bekend as Camilla Parker Bowles) is koningin van die Verenigde Koninkryk en 14 ander lande van die Statebond as die vrou van koning Charles III. Sy het op 8 September 2022 die koningin-gemalin geword toe haar man koning word ná die dood van sy moeder, koningin Elizabeth II.[1] Sy is op Charles se kroning op 6 Mei 2023 as koningin Camilla gekroon.

Camilla het in Oos-Sussex en Suid-Kensington in Engeland grootgeword en het haar opvoeding in Engeland, Switserland en Frankryk ontvang. Sy het in 1973 met die Britse weermagoffisier Andrew Parker Bowles getrou en hulle het twee kinders. Hulle is in 1995 geskei. Camilla was nou en dan romanties by prins Charles betrokke voor en tydens elk van hul eerste huwelike. Hulle verhouding het baie aandag in die internasionale pers ontvang. In 2005 is Camilla met prins Charles getroud in die Windsor Guildhall, en dit is gevolg deur 'n Anglikaanse kerkdiens in die St. George-kapel in Windsor-kasteel.

As die voormalige Hertogin van Cornwall het Camilla openbare verpligtinge nagekom, dikwels saam met haar man. Sy is ook die beskermpersoon, president of lid van verskeie welsyn- en ander organisasies. Sedert 1994 het Camilla 'n veldtog gevoer om mense bewus te maak van osteoporose, waarvoor sy verskeie toekennings ontvang het. Sy het ook bewustheid geskep vir sake soos verkragting, seksuele misbruik, geletterdheid, dierewelsyn en armoede.[2][3]

  1. Kindelan, Katie. "With Queen Elizabeth II's death, Camilla becomes Queen Consort: What to know". Good Morning America. Besoek op 24 September 2022.
  2. Johnston, Morgan (19 November 2012). "Camilla: the woman behind the image". New Zealand Woman's Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 7 Augustus 2015.
  3. "Camilla: The relaxed and friendly face of the monarchy". Belfast Telegraph. 28 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2020. Besoek op 7 Augustus 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search