Koningin Maudland

Dronning Maud Land
Koningin Maudland
Vlag van Koningin Maudland Wapen van Koningin Maudland
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Alt for Norge / Noreg
(Noors vir: "Alles vir Noorweë")
Eidsvoll-gelofte (1814):
Enig og tro til Dovre faller
Einig og tru til Dovre fell
(Noors vir: "Verenig en lojal totdat die berge van Dovre verkrummel")
Volkslied: Ja, vi elsker dette landet
(Noors vir: "Ja, ons is lief vir hierdie land")

Koninklike volkslied: Kongesangen
Ligging van Koningin Maudland
Hoofstad geen
Grootste stad geen
Amptelike tale Noors (Bokmål en Nynorsk)
Regering
Monarg
• Administrasie
Noorse oorsese gebied
Harald V
Ministerie van Justisie en Polisie
Onafhanklikheid
Vorming
• Geannekseer
• Afhanklikheid
• Antarktiese Verdrag

Noorse oorsese gebied
14 Januarie 1939
21 Junie 1957
23 Junie 1961
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 700 000 km2  
1 042 476 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - -skatting
 - Digtheid
 
0 (-)
/ km2
Geldeenheid Noorse kroon (NOK)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .no
Skakelkode +47
Kaart wat geëiste gebiede op Antarktika vertoon

Koningin Maudland (Noors: Dronning Maud Land) is die deel van Antarktika wat tussen die terminus van Stancomb-Willsgletser, by 20°W, en Shinnangletser, by 44° 38'O lê. Dit het 'n landoppervlak van ongeveer 2 500 000 km² wat meestal deur die Antarktiese ysplaat bedek is. Dit is deur Noorweë opgeëis op 4 Januarie 1938, maar soos alle ander aansprake in Antarktika, word dit nie universeel erken nie en is die gebied onderworpe aan die Antarktiese Verdrag.

Koningin Maudland word verdeel in vyf kusgebiede waaraan gedink kan word as sektore wat van wes na oos tot by die Suidpool strek (kloksgewys):

No. Sektor Oppervlak (km2) Westelike grens Oostelike grens
1 Kronprinsesse Märtha Kyst 970 000 020°00' W 005°00' O
2 Prinsesse Astrid Kyst 580 000 005°00' O 020°00' O
3 Prinsesse Ragnhild Kyst 540 000 020°00' O 034°00' O
4 Prins Harald Kyst 230 000 034°00' O 040°00' O
5 Prins Olaf Kyst 180 000 040°00' O 044°38' O
Dronning Maud Land 2,500,000 020°00' W 044°38' O

Die gebied is vir die eerste keer in 1930 deur Hjalmar Riiser-Larsen besoek as deel van pogings om die Antarktiese gebied te karteer. Roald Amundsen het dit voorheen ter ere van Koningin Maud van Noorweë en die hele plato wat die Suidpool omring Haakon VII's Vidde ter ere van Koning Haakon VII van Noorweë vernoem. Die gebied wat oorspronklik deur Amundsen as Koningin Maudland geïdentifiseer is het tussen 37° en 50° Oos gelê.

In 1985 het Noorweë die Tor navorsingstasie by Svarthammaren op Koningin Maudland se Prinses Marthakus opgerig; en in 2005, Koningin Sonja van Noorweë nog 'n navorsingstasie genaamd Troll by Jutulsessen geopen. Dit verskil van ander Antarktiese navorsingstasies in die sin dat dit nie op ys geleë is nie maar op 'n sneeuvrye rotsbedekte helling.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search