Koninkryk van die Nederlande

Koninkryk van die Nederlande[1]
Koninkrijk der Nederlanden (Nederlands)
Kingdom of the Netherlands (Engels)
Keninkryk fan de Nederlannen (Wes-Fries)
Reino Hulandes (Papiaments)
Vlag van Nederland Wapen van Nederland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Je Maintiendrai (Frans)
Ik zal handhaven (Nederlands)
("Ek sal handhaaf")
Volkslied: Wilhelmus
Ligging van Nederland
Hoofstad Amsterdam
Grootste stad Amsterdam
Amptelike tale Geen. De facto: Nederlands, Engels, Papiaments en Wes-Fries
Regering

Koning
Eerste Minister (Nederland)
• Eerste Minister (Aruba)
• Eerste Minister (Curaçao)
• Eerste Minister (Sint Maarten)
Unitêre parlementêre
konstitusionele monargie
Willem-Alexander
Mark Rutte
Mike Eman
Ivar Asjes
Sarah Wescott-Wiliams
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
Nederlandse Republiek
Nederlandse Republiek
Bataafse Republiek
• Koninkryk van die Nederlande

van Spanje
26 Julie 1581 (verklaar)
30 Januarie 1648 (erken)
16 Januarie 1795
16 Maart 1815 (Waterloo nasleep)
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
42 523 km2  (136ste)
16 418 myl2
18,41
Bevolking
 - 2023-sensus
 - Digtheid
 
18 146 609
427 / km2 (30ste)
1 105 / myl2
Geldeenheid Euro (Nederland) (EUR)
Antillianiese gulden (ANG)
Arubaniese florin (AF)
Amerikaanse dollar (USD) ()
Tydsone
 - Somertyd
MET / AST (UTC+1 (Nederland)
-4 (Aruba, Curaçao en Sint Maarten))
MEST / AST (UTC+2 (Nederland)
-4 (Aruba, Curaçao en Sint Maarten))
Internet-TLD .nl / .aw / .cw / .sx / .an / .bq
Skakelkode +31 (Nederland)
+297 (Aruba)
+599 (Curaçao / Karibiese Nederland)
+1 721 (Sint Maarten)

Die Koninkryk van die Nederlande (Nederlands: Koninkrijk der Nederlanden, Engels: Kingdom of the Netherlands, Wes-Fries: Keninkryk fan de Nederlannen, Papiaments: Reino Hulandes) is 'n soewereine land, wat bestaan uit die outonome land Nederland in Europa met die besondere munisipaliteite Bonaire Saba en Sint Eustatius in die Karibiese See en die outonome lande Aruba, Curaçao en Sint Maarten in die Karibiese See. Die outonome lande is gelykwaardige onderdele van die Koninkryk van die Nederlande. Die staatkundige posisie van die lande is egter verskillend.

Hoewel Nederland die meeste mag het, het Nederland dieselfde outonome status as Aruba, Curaçao en Sint Maarten. Die drie Karibiese outonome lande stuur elk 'n gevolmagtigde minister na Nederland, waar hulle saam met die Nederlandse ministers oor die Koninkryksaangeleenthede besluit. Die Koninkryksaangeleenthede sluit buitelandse sake, nasionaliteit, landsverdediging, bewaking van die onafhankelikheid en grensbewaking in.

Die huidige staatkundige vorm is in 1954 ingestel, toe Nederland sy kolonies (met uitsondering van Nederlands-Nieu-Guinea) opgehef het. Tydens die proses het Suriname en die Nederlandse Antille 'n outonome status gekry. Suriname het die Koninkryk in 1975 verlaat en 'n selfstandige republiek geword. Aruba het in 1986 die Nederlandse Antille verlaat en 'n outonome land binne die Koninkryk geword. In 2010 is die outonome land Nederlandse Antille opgehef en het Curaçao en Sint Maarten die status van outonome land gekry. Bonaire, Saba en Sint Eustatius het in die proses die status van munisipaliteit binne die outonome land Nederland gekry.

Die Europese deel van Nederland gebruik die Euro as geldeenheid, terwyl die Karibiese deel van Nederland die Amerikaanse dollar gebruik.[2] Aruba gebruik die Arubaanse florin en die Antilliaanse gulden word gebruik in Curaçao en Sint Maarten.

  1. Die Afrikaanse naam soos gebruik in kommunikasie tussen Eerste Minister Hertzog en die Nederlandse gesant in Kaapstad, wetten.overheid.nl, 20 Februarie 1935 geraadpleeg op 30 Januarie 2014
  2. (nl) De Nederlandsche Bank – Bonaire, Sint Eustatius, Saba Geargiveer 25 Desember 2010 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search