Konsilie van Chalcedon

Eerste 7 ekumeniese konsilies

1. Nicea I (325)
2. Konstantinopel I (381)
3. Efese (431)
4. Chalcedon (451)
5. Konstantinopel II (553)
6. Konstantinopel III (680681)
7. Nicea II (787)
Aanvaarding deur kerke

1-2: Assiriese Kerk;
1-3: Oriëntaal-Ortodoks;
1-4: Anglikaans, Luthers, Calvinisties, Protestants;
1-7: Rooms-Katoliek, Oosters-Ortodoks

Die Konsilie van Chalcedon van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk was ’n kerkkonferensie wat van 8 Oktober tot 1 November 451 n.C. gehou is in Chalcedon (’n stad in Klein-Asië) aan die Asiese kant van die Bosporus. Dit is die huidige Kadıköy, ’n deel van Istanboel. Die konsilie was ’n groot keerpunt in die debat wat gelei het tot die skeuring van die kerk van die Wes-Romeinse Ryk in die 5de eeu.[1]

Op die konsilie is die opperab Eutyches se leerstelling van monofisitisme verwerp en die Chalcedoniese geloofsbelydenis uitgereik waarvolgens Jesus, as die tweede persoon in die Heilige Drie-eenheid, in twee nature erken word: menslik en goddelik.

  1. The acts of the Council of Chalcedon by Council of Chalcedon, Richard Price, Michael Gaddis 2006 ISBN 0-85323-039-0 pages 1–5 [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search