Kopenhagen Lughawe

Kopenhagen Lughawe, Kastrup
Københavns Lufthavn, Kastrup
IATA: CPHICAO: EKCH
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Københavns Lufthavne
Bedien Kopenhagen metropolitaanse gebied (Denemarke)
Metropolitaanse Malmö (Swede)
Ligging Kastrup, Kopenhagen, Denemarke
Geopen 20 April 1925 (1925-04-20)
Spil vir *Norwegian Air Shuttle
Hoogte bo seevlak 5 m / 17 vt
Koördinate 55°37′05″N 012°39′22″E / 55.61806°N 12.65611°O / 55.61806; 12.65611
Webtuiste cph.dk
Landkaart
CPH is in Denemarke
CPH
CPH
Ligging van die lughawe in Denemarke
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
04L/22R 3,600 11,810 Asfalt
04R/22L 3,300 10,827 Asfalt
12/30 2,800 9,186 Asfalt/beton
Statistieke (2019)
Passasiers 30,256,703[1]
Binnelands 1,487,932[1]
Internasionaal 28,768,771[1]
Lugbewegings 263,411[1]
Bron: AIP[2]

Kopenhagen Lughawe, Kastrup (Deens: Københavns Lufthavn, Kastrup) is 'n internasionale lughawe wat Kopenhagen, Denemarke, Seeland, die Øresundstreek en suidelike Swede bedien, insluitend Skone.

In 2019 was die lughawe die grootste lughawe in die Nordiese lande met byna 30,3 miljoen passasiers. Dit is een van die oudste internasionale lughawens in Europa, die vierde besigste lughawe in Noord-Europa, en die besigste vir internasionale reis in Skandinawië.

Die lughawe is op die eiland Amager, 8 km suid van die middestad van Kopenhagen, en 24 km wes van Malmö se middestad, waarmee dit deur die Øresundbrug verbind is. Die lughawe beslaan 'n oppervlakte van 11,8 vk. km.[3] Die grootste deel van die lughawe is in die munisipaliteit Tårnby, met 'n klein deel in die stad Dragør.

Die lughawe is die hoofspilpunt van drie wat deur Scandinavian Airlines gebruik word en is ook 'n bedryfsbasis vir Sunclass Airlines en Norwegian. Kopenhagen Lughawe hanteer ongeveer 60 geskeduleerde lugrederye, en het 'n maksimum bedryfsvermoë van 83 operasies/uur, en 'n totaal van 108 straalbrûe en afgeleë parkeerplekke. Anders as ander Skandinawiese lughawens, kom die meeste van die lughawe se passasiers van/na internasionale bestemmings. In 2015 het 6,1% van passasiers na en van ander Deense lughawens gereis, 83,5% na/van ander Europese lughawens, en 10,4% was interkontinentale passasiers.[4] Die lughawe word besit deur Københavns Lufthavne, wat ook die Roskilde-lughawe bedryf. Die lughawe het 1 700 werknemers in diens.[5]

Kopenhagen-lughawe is oorspronklik Kastrup-lughawe genoem, na die klein dorpie Kastrup, nou deel van die Tårnby-munisipaliteit is. Die formele naam is steeds Kopenhagen-lughawe, Kastrup, om dit van Roskilde-lughawe te onderskei.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "CPH traffic data: Close to 30.3 million passengers in 2019" (in Engels). Copenhagen Airports A/S. Besoek op 16 Januarie 2020.
  2. "EKCH – København/Kastrup" (PDF). AIP Denmark. Copenhagen: Trafikstyrelsen/Danish Transport Authority. 28 Junie 2012. part AD 2 – EKCH. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Junie 2012. Besoek op 4 Augustus 2012.
  3. "Area & Runway systems". CPH Airport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 15 Januarie 2016.
  4. "About CPH – News". CPH Airport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2016. Besoek op 15 Januarie 2016.
  5. "Copenhagen Airports – Copenhagen Airports". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search