Koreaanse nasionale rugbyspan

Korea
Unie Koreaanse Rugbyunie (KRU)
Embleem die Roos van Saron
Stadion Incheon Namdong Asiad-rugbyveld, Incheon
Kapasiteit 4 968
Afrigter(s) Vlag van Suid-Korea Lee Myung Geun
Kaptein(s) Kim Jeong-Min
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Sung-soo Kim (19)[1]
Meeste toetspunte Youn-hyung Oh (98)[2]
Meeste drieë Jin-wook Lee (13)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Republiek van China Taiwan 15–9 Korea Vlag van Suid-Korea
(1934)
Grootste oorwinning
Vlag van Suid-Korea Korea 135–3 Vlag van Maleisië Maleisië
(20 September 1992)
Grootste nederlaag
Vlag van Tonga Tonga 119–0 Korea Vlag van Suid-Korea
(22 Maart 2003)
Amptelike webwerf
www.rugby.or.kr

Die Suid-Koreaanse nasionale rugbyspan (Koreaans: 대한민국 럭비 유니언 국가대표팀, Daehanminguk reogbi yunieon gukga daepyo tim) is die nasionale rugbyspan wat Suid-Korea in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Suid-Korea geadministreer deur die Koreaanse Rugbyunie (KRU) wat in 1948 gestig is. Suid-Korea word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Suid-Koreaanse rugbyspan is tans (April 2024) 30ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Saam met Hongkong is Suid-Korea tradisioneel een van die sterker Asiatiese nasionale rugbyspanne na Japan. Hulle het tydens die Asiatiese Beker vyf titels ingepalm, sewe keer in die derde en agt keer in die vierde plek geëindig. Suid-Korea het op gereelde grondslag na die uitspeelwedstryde van die rugbywêreldbekerkwalifisering deurgedring, maar hulle kon nog nie kwalifiseer nie.

In 1969 het Suid-Korea sy eerste toetswedstryd tydens die eerste Asiatiese Kampioenskap teen Taiwan gespeel. Die Suid-Koreaanse span het hul hoogtepunt in die tagtigerjare bereik, toe hulle drie opeenvolgende Asiatiese Rugbykampioenskaptoernooie kon (en ook ’n volstoom Japan verslaan het), en selfs daarin geslaag het om in ’n toetswedstryd teen die Wallabies te speel. Korea het die uitspeelwedstryd van die kwalifisering vir die rugbywêreldbekertoernooie in 1999, 2003 en 2007 gehaal, maar hulle is telkens deur Tonga uitgeskakel. Hulle kon ook nie kwalifiseer vir die rugbywêreldbekertoernooie van 2011, 2015, 2019 of 2023 nie. Die Koreaanse span speel tradisioneel in donkerblou truie met wit broeke en donkerblou sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 9 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 9 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 9 April 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 9 April 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search