Korona

Tydens ’n algehele sonsverduistering is die Son se korona met die blote oog sigbaar.

’n Korona (Latyn vir "kroon", afgelei van die Griekse κορώνη korṓnē, "krans") is ’n waas van plasma wat die Son en ander sterre omring. Die Son se korona strek miljoene kilometers die ruimte in en is die beste te sien tydens ’n algehele sonsverduistering, maar dit is ook deur ’n koronagraaf sigbaar.

Metings deur middel van spektroskopie dui sterk ionisering in die korona aan en ’n plasmatemperatuur van meer as ’n miljoen kelvin,[1] baie warmer as op die Son se oppervlak.

  1. Aschwanden, Markus J. (2005). Physics of the Solar Corona: An Introduction with Problems and Solutions. Chichester, UK: Praxis Publishing. ISBN 978-3-540-22321-4.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search