Krap-newel

Krap-newel
M1, die Krap-newel
M1, die Krap-newel
Soort newel Supernova-oorblyfsel
Sterrebeeld Bul
Messier-naam Messier 1
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 34m31,94s
Deklinasie +22º 00' 52,2"
Skynmagnitude (m) 8,4
Absolute magnitude (M) −3,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 6 500
Skynbare grootte 420" × 290"
Besonderse kenmerke Optiese pulsar
Ander name
NGC 1952, Sharpless 244
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Krap-newel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Chinese en Japannese sterrekundiges.

Dit is sowat 6 500 ligjare (2 000 parsek) van die Aarde af en het ’n deursnee van 11 ligjare. Dit is deel van die Perseus-arm van die Melkweg en sit uit teen sowat 1 500 km per sekonde. In die middel van die newel lê die Krap-pulsar, ’n polsende ster van 28-30 km breed.[1]

Die newel is die eerste sterrekundige voorwerp wat verbind is met ’n historiese supernova-ontploffing en was in 1758 die eerste Messier-voorwerp wat gelys is.

  1. "Crab Nebula: The Spirit of Halloween Lives on as a Dead Star Creates Celestial Havoc" (in Engels). Chandra X-ray observatory. 24 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 11 Februarie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search