Kwartaal

'n Kwartaal of trimester is 'n kwart van 'n jaar, dertien weke, of ongeveer 91 dae. Dit is dus een van die vier periodes van drie opeenvolgende maande waarin die jaar verdeel word.

In Suid-Afrika bestaan 'n tipiese skooljaar uit 4 kwartale. In sommige ander lande word die onderrigjaar in drie trimesters (van 3 maande elk) opgedeel. Ekonomiese data word gewoonlik op 'n kwartaallikse basis opgesom en gerapporteer. Dit help besighede om te bepaal of verkope (en ander finansiële aanwysings) aan verwagtinge voldoen. Sekere belastings moet ook kwartaalliks verklaar en betaal word.

Die woord kwartaal en trimester kom van Latyn: quartus beteken één vierde, tres beteken drie en mensis beteken maande.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search