Kwarts

Kwarts
 
Kwartskristal, met die lyne loodreg op die lang as van die kristal duidelik sigbaar. 
Formule SiO2 
Onsuiwerhede H, Al, Li, Ti, Fe, Na, Mg, Ge[1] 
Nickel-Strunz (10) 4.DA.05  
Kleur Kleurloos, pers, pienk, wit ens. 
Streep Wit 
Glans Glasagtig 
Hardheid 7 (Mohs) 
Optiese eienskappe 
Dubbelbreking eenassig (+) 
RI-waardes nω = 1.543 – 1.545 nε = 1.552 – 1.554 
Kristallografie 
Fase Laetemperatuur α-kwarts T<573 °C 
Kristalsisteem Trigonaal 
Ruimtegroep P3121/P3221 
Nommer 152/154 
Eenheidsel a = 4.9133 Å, c = 5.4053 Å 
 
Fase Hoëtemperatuur β-kwarts T>573 °C 
Ruimtegroep P6₂22 / P6₄22 
Strukturbericht-kode C8 
Nommer 181/182 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kwarts is 'n mineraal met die chemiese samestelling van SiO2: silikondioksied. Saam met die mineraalgroep van die veldspate (met verskeie minerale in hierdie groep), is dit die volopste mineraal in die aardkors. Kwarts is chemies en meganies stabiel by atmosferiese temperatuur en druk, en verweer dus nie vinnig op die aardkors nie, en dan meestal deur meganiese verwering. Dit is die rede waarom sand grootliks uit kwartskorrels bestaan.

Hierdie stof vorm 'n deel van die tektosilikate en elke silikonatoom word deur 4 suurstofatome omring. In teenstelling met die nesosilikate wat aparte (SiO4)4−-ione bevat, vorm die SiO4-eenhede in tektosilikate 'n 3-dimensionele raamwerk. Elke suurstofatoom word tussen twee silikon-bure gedeel. Hierdie deling van die suurstofatome is die rede waarom die kwartsmineraal 'n chemiese formule van SiO2 het, en nie SiO4 nie. Elke been van die silikon-tetraëder is aan 'n suurstofatoom verbind, met die gevolg dat twee silikonatome nooit aan mekaar verbind is in die kwartsmineraal nie.

  1. "mindat 3337" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search