Lagasj

Oorblyfsels van die antieke stad Lagasj.
Die ligging van Lagasj voor die Akkadiese Ryk (in groen) se uitbreiding. Die grondgebied van Sumer onder sy laaste koning, Lugal-zage-si, is in oranje. Omstreeks 2350 v.C.

Lagasj (wigskrif: 𒉢𒁓𒆷𒆠 LAGAŠKI; Sumeries: Lagaš), of Shirpurla, was ’n antieke stadstaat noordwes van die samevloei van die Eufraat en die Tigris en oos van Uruk in die hedendaagse Irak. Lagasj (nou Al-Hiba) was een van die oudste stede van die antieke Nabye Ooste. Die antieke terrein van Nina (hedendaagse Surghul) is sowat 10 km van daar en dui die suidelike grens van die staat aan. Die nabygeleë Girsu (hedendaagse Telloh), sowat 25 km noordwes van Lagasj, was die godsdienssentrum van die stadstaat. Lagasj se hooftempel was die É-Ninnu, wat aan die god Ningirsu opgedra was. Dit lyk of Lagasj die antieke stede Girsu, Nina, Uruazagga en Erim ingesluit het.[1]

  1. Williams, Henry (2018). Ancient Mesopotamia (in Engels). Ozymandias Press. p. 57. ISBN 978-1-5312-6292-1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search