Landbrug

Die Landengte van Panama is 'n landbrug wat 3 miljoen jaar gelede verskyn het en wisselwerking tussen lewe op die twee Amerikaanse kontinente moontlik gemaak het.

'n Landbrug, in biogeografie, is 'n landengte of wyer landverbinding tussen anders afsonderlike gebiede, waaroor diere en plante in staat is om oor te steek en nuwe lande te koloniseer. 'n Landbrug kan geskep word deur mariene regressie, waarin seevlakke val en vlak dele ontbloot, wat voorheen onder die water was. 'n Landbrug kan ook gevorm word wanneer nuwe land geskep word deur plaattektoniek of soms wanneer die seebodem styg as gevolg van post-glasiale herstel ná 'n ystydperk.

Skeppingsleerders glo byvoorbeeld dat diere ander kontinente kon bereik dmv landbrue na die sondvloed.[1]

  1. Kyk Migration after the Flood of Creation Answers Book, Hoofstuk 17: How did animals get from the Ark to places such as Australia? of in Afrikaans Antwoorde Oor Die Skepping Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search