Lawra

Die Aleksander Nefski-lawra.

Lawra (Grieks: Λαύρα; Russies: Ла́вра) het oorspronklik in Oosters-Ortodokse Kerke en sekere ander Oosters-Christelike gemeenskappe ’n groep selle of grotte vir kluisenaar-monnike beteken, met ’n kerk en soms ’n eetsaal as kern. Die woord kom van Grieks, waar dit "gang" beteken.

Van die grootste en belangrikste kloosters in Rusland is lawras genoem, soos die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei en die Aleksander Nefski-klooster.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search