Lechitiese tale

Lechitiese tale
Geografiese
verspreiding:
Europa
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechitiese tale
Onderafdelings:

Verspreiding van Lechitiese tale en dialekte in Pole

Die Lechitiese tale is 'n subgroep van die Wes-Slawiese tale.

Volgens die heersende mening in die Slawiese taalkunde het tydens die Gemeenslawiese periode (tussen omstreeks 500 en 800 n.C.) 'n groep Wes-Slawiese dialekte tot selfstandige tale begin ontwikkel: Silesies, Pomeraans (dikwels ook Oossee-Slawies genoem, met Kasjoebies en Slowinsies), Polabies (dikwels ook Elbslawies genoem) en Pools. Na hierdie groep Wes-Slawiese tale word ook as Lechitiese tale verwys, afgelei van 'n ou Slawiese term vir Pool (Lech of Lach). In teenstelling met die Tsjegge (*čěchy) is na sprekers van Lechitiese tale ook as *lěchy verwys, terwyl Lechia as 'n alternatiewe naam vir Pole gebruik is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search