Leif Erikson

Leif Erikson
Deel van 'n standbeeld van Leif Erikson.
Geboreomstreeks 970
Yslandse Gemenebes
Sterfomstreeks 1020
NasionaliteitNoors: Yslands
BeroepOntdekkingsreisiger
EggenootThorgunna (omstreeks 999)
KindersThorgils, Thorkell

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Leif Erikson (Yslands: Leifur Eiríksson; Noorweegs: Leiv Eiriksson; omstreeks 970-1020) was 'n Noorse Wiking en ontdekkingsreisiger van die Gemenebes van Ysland.[1] Sommige kenners glo hy was sover bekend die eerste Europeër wat Noord-Amerika anderkant Groenland bereik het, byna 'n halwe millennium voor Christophorus Columbus.[2][3]

Volgens die sagas van die Yslanders het hy 'n Noorse nedersetting by Vinland gestig, wat gewoonlik vertolk word as die kusgebied van Noord-Amerika. Daar word egter gegis dat die nedersetting wat Leif en sy bemanning gestig het, ooreenkom met die oorblyfsels van 'n Noorse nedersetting wat in Newfoundland, Kanada, ontdek is en bekendstaan as L'Anse aux Meadows. Dit is omstreeks 1000 n.C. bewoon. Latere argeologiese bewyse dui egter daarop dat Winland die streke om die Golf van St. Lawrence kon wees en dat L'Anse aux Meadows 'n plek was waar herstelwerk aan skepe gedoen is.

Leif was die seun van Erik die Rooie, die stigter van die eerste Noorse nedersetting in Groenland, en Thjodhild (Þjóðhildur). Albei sy ouers was van Noorweegse oorsprong. Die ligging van sy rusplek is onbekend,[4] maar daar word aangeneem dat hy gebore is in Ysland, wat destyds gekoloniseer is deur Noormanne wat hoofsaaklik van Noorweë afkomstig was.[1][5][6]

Hy het grootgeword op die familielandgoed Brattahlíð in die oostelike nedersetting in Groenland. Leif het sover bekend twee seuns gehad: Thorgils, gebore as die seun van 'n adellike vrou genaamd Thorgunna in die Hebrides; en Thorkell, wat hom opgevolg het as leier van die Groenlandse nedersetting.

  1. 1,0 1,1 Sverrir Jakobsson (14 Julie 2001). "Vísindavefurinn: Var Leifur Eiríksson ekki Grænlendingur sem átti rætur að rekja til Íslands og Noregs?" [Was Leif Eiriksson not a Greenlander who had roots in Iceland and Norway?] (in Icelandic). Visindavefur.hi.is. Besoek op 16 Februarie 2010.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  2. "Leif Erikson (11th century)". BBC. Besoek op 20 November 2011.
  3. "Why Do We Celebrate Columbus Day and Not Leif Erikson Day?". National Geographic. 11 Oktober 2015. Besoek op 12 Oktober 2015.
  4. Leiv Eriksson, Norsk biografisk leksikon
  5. Leif Eriksson – Encyclopædia Britannica, Inc., 2012. Besoek op 11 April 2012.
  6. books.google.is

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search