Lemnos

Lemnos (Grieks: Λήμνος; Antieke Grieks: Λῆμνος) is 'n Griekse eiland in die noordelike Egeïese See en deel van die Noord-Egeïese eilande. Die eiland vorm administratief deel van 'n aparte munisipaliteit binne die Lemnos-streekseenheid, wat deel is van die Noord-Egeïese streek. Die hoofdorp van die eiland en setel van die munisipaliteit is Myrina.[1] Lemnos is die agtste grootste eiland van Griekeland en beslaan 477,58 km².[2]

  1. "ΦΕΚ B 1292/2010, Kallikratis reform municipalities" (in Grieks). Greece Government Gazette.
  2. "Population & housing census 2001 (incl. area and average elevation)" (PDF) (in Grieks). National Statistical Service of Greece. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 September 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search