Leonard Cohen

Leonard Cohen
Leonard Cohen in 1988
Agtergrondinligting
GeboortenaamLeonard Norman Cohen
Gebore(1934-09-21)21 September 1934
Montreal, Quebec, Kanada
Sterf7 November 2016 (op 82)
Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State
GenresFolk, folk rock, rock, spoken word-digkuns
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, musikant, digter, romanskrywer, skilder
InstrumenteStem, kitaar, klavier, klawerbord, sintetiseerder
Jare aktief1956–2016
EtiketteColumbia
AssosiasiesSharon Robinson, Jennifer Warnes, Anjani Thomas, Judy Collins, Julie Felix
Webwerfleonardcohen.com

Leonard Norman Cohen (21 September 19347 November 2016)[1] was 'n Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer wat in die 1960’s gewild geword het. Hy het ’n baie lae sangstem gehad en sy vroeë liedjies is bekend vir hul hartseer en neerslagtige toon.[2]

Cohen het sy grootste suksesse in die 1960's behaal en word naas Bob Dylan en Paul Simon as een van die invloedrykste musikale kunstenaars van dié periode beskou. Hy het tot in die 21ste eeu gehore met sy unieke diep stem en melancholiese sangstyl vermaak. Sy werk behandel dikwels temas van godsdiens, seksualiteit en die verhoudinge tussen mense. Onder sy bekendste liedjies tel "Suzanne" (1968) en "I’m Your Man" (1988). Sy lirieke het vir meer as vyftig jaar lank 'n beslissende invloed op ander musikale kunstenaars en skrywers uitgeoefen.

Leonard Cohen is deur die Amerikaanse Rock and Roll Hall of Fame asook die Kanadese Music Hall of Fame en Songwriters Hall of Fame vereer. Die sanger het daarnaas die hoogste burgerlike toekenning in Kanada, die Ordre du Canada/Order of Canada, ontvang.

  1. (en) "Leonard Cohen, singer-songwriter of love, death and philosophical longing, dies at 82". Washington Post. 11 November 2016. Besoek op 11 November 2016.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search