Leonard Nimoy

Leonard Nimoy
Leonard Nimoy in Mei 2011
Geboorte 26 Maart 1931
Boston, Massachusetts, VSA
Sterfte 27 Februarie 2015
Bel Air, Los Angeles, Kalifornië
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Beroep(e) Akteur, regisseur, digter, musikant, fotograaf
Aktiewe jare 1951–2013
Rolprente Star Trek
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Leonard Simon Nimoy (26 Maart 193127 Februarie 2015) was 'n Amerikaanse akteur, regisseur, digter, musikant en fotograaf. Hy was veral bekend vir die rol van Mr. Spock (van die fiktiewe planeet Vulcan) in Star Trek, 'n Amerikaanse TV-reeks wat oor drie jaar in die laat 1960's vervaardig is.[1]

Kort nadat hy in 'n rolstoel met 'n suurstofmasker gefotografeer is, het Nimoy in Februarie 2014 bekend gemaak dat hy aan chroniese obstruktiewe lugwegsiekte ly.[2] Bietjie meer as 'n jaar later is hy op 27 Februarie 2015 in die ouderdom van 83 by sy huis in Bel Air hieraan oorlede.[3]

  1. Steve Chawkins. "Leonard Nimoy dies at 83; 'Star Trek's' Mr. Spock" (in Engels). Los Angeles Times. Event occurs at 2015-02-27.
  2. "BBC News – Leonard Nimoy reveals he has lung disease". BBC News (in Engels). Londen. 6 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op 6 Februarie 2014.
  3. Heffernan, Virginia (27 Februarie 2015). "Leonard Nimoy, Spock of 'Star Trek,' Dies at 83". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 27 Februarie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search