Lodewyk die Duitser

Lodewyk die Duitser
Lodewyk die Duitser
Seël van Lodewyk die Duitser

Ampstermyn
843 – 876
Voorafgegaan deur Lodewyk I die Vrome
Opgevolg deur Karloman van Beiere
Lodewyk III die jongere
Karel III die Dikke

Ampstermyn
869 – 876
Voorafgegaan deur Lotarius II
Opgevolg deur Lodewyk III die jongere

Ampstermyn
829 – 865
Voorafgegaan deur Lodewyk die Vrome
Opgevolg deur Karloman van Beiere

Persoonlike besonderhede
Gebore 806
Sterf 28 Augustus 876
Frankfurt am Main

Lodewyk die Duitser (80628 Augustus 876, Frankfurt am Main), ook bekend as Lodewyk II of Lodewyk die Beier)[1] was 'n kleinseun van Karel die Grote en die derde seun van die Frankiese keiser Lodewyk die Vrome en sy eerste vrou, Ermengarde van Haspengouw.

Na uitgerekte botsings met sy vader en sy broers het Lodewyk die Oos-Frankiese koninkryk in die Verdrag van Verdun (843) ontvang. Sy pogings om sy halfbroer Karel die Kale se Wes-Frankiese koninkryk in 858–59 te verower, was onsuksesvol. Die 860's is gekenmerk deur 'n ernstige krisis, met die Oos-Frankiese rebellies van sy seuns, sowel as stryd om oppergesag oor sy ryk te handhaaf. In die Verdrag van Meerssen het hy Lotaringe vir die Oos-Frankiese koninkryk in 870 verkry. Aan die ander kant het hy probeer en misluk om beide die titel van Keiser en Italië op te eis. In die Ooste kon Lodewyk in 874 'n langertermyn-vredesooreenkoms bereik ná dekades se konflik met die Morawiërs. Sy bewind het 'n merkbare afname getoon in die skepping van geskrewe administratiewe- en regeringsdokumente, 'n neiging wat tot in Ottoniese tye sou voortduur.[2]

Lodewyk II het in 817 die hertog van Beiere geword omdat dit die gewoonte was van Karel die Grote om 'n plaaslike koninkryk te skenk aan 'n familielid, wat dan kon dien as die plaaslike goewerneur en as een van sy luitenante. Toe sy vader, Lodewyk I (bekend as "die Vrome"), die ryk in 817 verdeel het met die Ordinatio Imperii het hy Beiere as grondgebied ontvang. Na die oorlye van sy vader in 840 het hy in 843 met die Verdrag van Verdun koning van Oos-Frankië geword, 'n streek wat die stroomgebied van die Elbe oorspan, van Jutland suid-oostelik deur die Thüringewoud tot in vandag se Beiere.

Kort na sy dood (toe Oos-Frankië die koninkryk van Duitsland geword het) het hy die benaming "Germanicus" gekry as erkenning vir die feit dat die grootste gedeelte van sy grondgebied in die voormalige Magna Germania lê.

  1. In Afrikaans Louis, uitgespreek as Loei. In die Duits Ludwig. Die Frankiese uitspraak was Hlu-do-vig. Die naam beteken letterlik "bekende geveg". 'n Kontemporêre bron, Ermoldus Nigellus, gee die naam se twee komponente aan as Hluto, "praeclarum" en Wigch, "Mars".
  2. Prudentius (861). Annals of St. Bertin.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search