Loenochod-ruimteprogram

Die diagram vir die Loenochod-sending.

Loenochod (Russies: Луноход, "Maanloper") 1 en 2 was twee Sowjet-verkenningsrobotte wat in 1970 en 1973 onderskeidelik op die maan geland het. Hulle was in gebruik in die tyd van die Loena- en die Zond-ruimteprogram. Hulle is gebruik as hulp in die Sowjetunie se bemande maansendings, om die maan se oppervlak te verken en foto's daarvan te neem. Die Loena-stasies met Loenochods aan boord is deur Proton-vuurpyle gelanseer.

Eers in 1997 met die Mars Pathfinder is ’n afstandbeheerde voertuig weer op ’n planeet geplaas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search