Logogram

Egiptiese hiërogliewe, wat uit logogramme ontstaan het.

’n Logogram is ’n grafeem (skryfteken) wat ’n woord of morfeem (die kleinste betekenisvolle eenheid van taal) voorstel. Aangesien logogramme visuele simbole is wat woorde eerder as die klanke van ’n woord voorstel, is dit makliker om te onthou of die betekenis te raai as by alfabeties geskrewe woorde. Nog ’n voordeel is dat ’n enkele logogram in verskeie tale gebruik kan word vir woorde met ’n soortgelyke betekenis.

Logografiese stelsels sluit die vroegste ware skryfstelsels in; die eerste historiese beskawings van die Nabye-Ooste, Afrika, China en Sentraal-Amerika het ’n vorm van logografiese skrifte gebruik.

’n Suiwer logografiese skrif sal onprakties wees omdat daar vir elke woord ’n simbool sal moet wees. Alle logografiese stelsels brei ’n relatief beperkte aantal logogramme uit met karakters van fonetiese waarde, óf konsonantaal óf sillabies, of met bepalers.

Logogramme word ook in ander skryfstelsels gebruik, soos moderne snelskrif. Syfers en wiskundige simbole in alfabetiese stelsels is ook logogramme: 1 "een", 2 "twee", + "plus", = "is gelyk aan", ens. Ook die ampersand & word gebruik vir "en", % vir "persent", $ vir "dollar", # vir "nommer", ens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search