Lokomotief

'n Namaaksel van die Planet, 'n vroeë stoomlokomotief wat vanaf 1830 deur die Britse spoorwegmaatskappy Liverpool and Manchester Railway (LMR) gebruik is
'n Suid-Afrikaanse Klas 19E-elektriese lokomotief wat steenkoolwaens op die Coalink-spoorlyn tussen Ermelo en Richardsbaai trek

'n Lokomotief is 'n spoorgebonde, selfaangedrewe voertuig wat gebruik word om passasiers- of vragtreinwaens te trek, terwyl dit self geen kapasiteit het om vraglas of passasiers te vervoer nie. Die naam lokomotief het sy oorsprong in die Nieu-Latynse term loco motivus ("van 'n plek wegbeweeg") wat vir die eerste keer in die vroeë 19de eeu gebruik is om 'n onderskeiding tussen mobiele en vaste stoomenjins te maak. 'n Lokomotief saam met sy waens staan bekend as 'n trein.

Met die opening van die eerste belangrike spoorlyn ter wêreld, van Liverpool na Manchester, het ook die eerste ernstige treinongeluk waarin 'n mens beseer is, plaasgevind. Toe Stephenson by een van die stilhouplekke die Rocket sy passies laat uithaal, is 'n onversigtige toeskouer omgestamp en ernstig beseer. Omdat die man 'n hoë amptenaar was, het Stephenson hom byna boeglam geskrik en gevrees dat hy vir ewig die goeie gesindheid van die owerheid verloor het.

Met verbasende teenwoordigheid van gees het hy egter opdrag gegee om die beseerde dadelik op die lokomotief te laai en het hy in 'n rekordtyd met hom na Manchester gejaag, waar geneeshere dadelik aandag aan die pasiënt kon gee. Daarmee het Stephenson bewys dat die lokomotief ook in noodgevalle 'n nuttige voertuig kan wees wat die tradisionele vervoermiddele ver in die skadu gestel het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search