Louis Couperus

Louis Couperus
Louis Couperus in 1917
Gebore(1863-06-10)10 Junie 1863
Den Haag, Nederland
Sterf16 Julie 1923 (op 60)
De Steeg, Nederland
Beroepromansier
Jare aktief1878–1923

Louis Marie-Anne Couperus (10 Junie 186316 Julie 1923) was 'n Nederlandse romansier en digter. Sy oeuvre bevat 'n wye verskeidenheid genres: liriese poësie, sielkundige- en historiese fiksie, novelles, kortverhale, sprokiesverhale, feuilletons en sketse. Couperus word beskou as een van die voorste figure van die Nederlandse letterkunde. In 1923 is die Tollensprijs aan hom toegeken.

Couperus en sy vrou het wyd deur Europa en Asië gereis en hy het later verskeie reisbeskrywings geskryf wat hy op 'n weeklikse basis gepubliseer het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search