Lughawe Frankfurt

Lughawe Frankfurt
Flughafen Frankfurt am Main
IATA: FRAICAO: EDDF
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Fraport
Bedien Frankfurt, Duitsland
Spil vir
  • AeroLogic
  • Condor Flugdienst
  • Lufthansa
  • Lufthansa CityLine
  • Lufthansa Cargo
Fokuspunt vir
  • SunExpress Deutschland
  • TUIfly
Hoogte bo seevlak 364 vt / 111 m
Koördinate 50°02′00″N 8°34′14″O / 50.03333°N 8.57056°O / 50.03333; 8.57056
Webtuiste frankfurt-airport.com
Landkaart
FRA is in Duitsland
FRA
FRA
Ligging van Frankfurt am Main in Duitsland
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
07R/25L 4 000 13 123 Teer
07C/25C 4 000 13 123 Teer
18 4 000 13 123 Beton
07L/25R 2 800 9 240 Beton
Statistieke (2020)
Passasiers 18 771 000
Vrag 1 952 628
Lugbewegings 212 334
Ekonomiese impak (2016) $22,3 miljard[1]
Bron: Passasiersverkeer en -bewegings - Fraport[2]
Duitse lugvaartpublikasie by NATS en Eurocontrol[3]
Die terminaalgebou by Lughawe Frankfurt
Die lughawe Frankfurt am Main uit die lug.

Die Lughawe Frankfurt (Duits Flughafen Frankfurt am Main „Rhein-Main“; IATA: FRA, ICAO: EDDF) (kort: Rhein-Main-Flughafen of Frankfurt Airport), is die grootste Duitse lughawe en die vierde grootste in EuropaLughawe Londen-Heathrow, Lughawe Parys-Charles de Gaulle en Amsterdam-lughawe Schiphol. Die sentrale ligging van Frankfurt am Main in Duitsland het die vinnige groei van die lughawe bevorder.

Dit word bedryf deur Fraport en dien as die hoofspilpunt vir Lufthansa, insluitend Lufthansa CityLine en Lufthansa Cargo, sowel as Condor Flugdienst en AeroLogic. Die lughawe beslaan 'n oppervlakte van 2 300 hektaar[4] en beskik oor twee passasiersterminale met 'n kapasiteit vir ongeveer 65 miljoen passasiers per jaar; vier aanloopbane; en uitgebreide logistieke en instandhoudingsfasiliteite.

Tans is die lughawe met jaarliks sowat 70 miljoen passasiers[5] die grootste passasiers- en vraglughawe op die Europese vasteland en bied ook die grootste aantal internasionale bestemmings. Frankfurt se lughawe is die negende belangrikste ter wêreld. Dit is geleë in die suidweste van Frankfurt am Main, in die deelstaat Hesse.

Die lughawe is ook die dertiende besigste wêreldwyd volgens die totale aantal passasiers in 2016, met 60 786 miljoen passasiers wat die lughawe in 2016 gebruik het.[6] In 2017 het Frankfurt-lughawe 64,5 miljoen passasiers hanteer en byna 70 miljoen in 2018. Dit het ook 'n vragdeurset van 2,076 miljoen metrieke ton in 2015 en is die besigste lughawe in Europa vir vragverkeer. Sedert die somer van 2017 bedien Frankfurt-lughawe meer as 300 bestemmings op 5 kontinente, wat dit die lughawe maak met die meeste direkte roetes ter wêreld.[7][8]

Die suidekant van die lughawegrond was die tuiste van die Rhein-Main-lugbasis, wat 'n groot lugbasis vir die Verenigde State was van 1947 tot 2005, toe die lugbasis gesluit is en die eiendom deur Fraport verkry is. Die eienaar van die lughawe is die Fraport AG, 'n aandelemaatskappy wat merendeels in staatsbesit is en naas Frankfurt ook ander Duitse en buitelandse lughawens beheer. Die lughawegebied is as Frankfurt-Flughafen 'n eie stadsdeel van Frankfurt am Main met 'n bevolking van 200. Die lughawe het in Julie 2016 sy 80ste bestaansjaar gevier.[9]

  1. "Frankfurt airport - Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 7 September 2013.
  2. "Traffic Figures" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2017. Besoek op 20 Januarie 2013.
  3. "EAD Basic" (in Engels). \eurocontrol. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 20 Januarie 2013.
  4. "Frankfurt Airport - Facts and Figures at FRA". www.frankfurt-airport.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2018. Besoek op 7 Augustus 2018.
  5. "fraport.de: Verkehrszahlen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2014. Besoek op 9 Februarie 2014.
  6. "Year to date". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2016. Besoek op 2 Junie 2015.
  7. aero.de - "Frankfurt offers the most destinations" 20 February 2017
  8. "Flights from Frankfurt (FRA)".
  9. "Frankfurt Airport celebrates 80th anniversary". www.internationalairportreview.com (in Engels). Besoek op 12 Mei 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search