Luiperd

Luiperd
Tydperk: Sedert laat Plioseen of vroeë Pleistoseen
'n Luiperd (Panthera pardus) in die Serengeti-park, Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. pardus
Binomiale naam
Panthera pardus
Linnaeus, 1758
Die verspreiding van die luiperd
Sinonieme
Felis pardus Linnaeus, 1758

Die luiperd (Panthera pardus), voorheen as bergtier of tier bekend,[2] is 'n spesie uit die Katagtiges wat oor Afrika en Asië versprei is. Verder kom hy ook in Kaukasus en dus op die buitenste randgebied van Europa voor. Die luiperd is naas die tier, leeu en jaguar die vierde grootste grootkat. Die dier het 'n vaalgeel tot rooibruin pels met swart, rosetvormige kolle. 'n Melanistiese subspesie, die sogenaamde swart panter, word ook aangetref.

Die luiperd (Panthera pardus) word in Afrika, Klein-Asië, Kaukasië, Transkaukasië, Mantsjoerye, Persië, Indië, China, Korea en Siberië aangetref. Die luiperd het die grootste verspreidingsgebied van alle groot katagtiges (genus Panthera). In Suid-Afrika kom die luiperd in groot dele van die Kaapse en Natalse kusstreke en ook in dele van Gauteng voor.

Gedurende die Pleistoseentydperk het die luiperd ook algemeen in Europa voorgekom. Die dier is besonder aanpasbaar en kan in rotsagtige gebiede, tropiese woude, grasland en droë of hoë koue streke oorleef. Vanweë sy aanpasbaarheid kon die luiperd die euwels wat 'n groeiende beskawing vir die diereryk inhou, beter as selfs die leeu oorleef. Daarom word luiperds nog in gebiede aangetref waar ander roofdiere lankal uitgeroei of verdryf is.

Die voortbestaan van die luiperd word egter steeds bedreig. Luiperds is in September 1975 in Suid-Afrika tot beskermde diere Afrika verklaar. Die maatreël moes ingevoer word omdat luiperds op groot skaal ter wille van hulle pelse gejag is en ook omdat hulle getalle in gebiede waar hulle 'n bedreiging vir veeboerdery was, drasties afgeneem het.Op die IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies word luiperds as 'n byna-bedreigde spesie geklassifiseer.[3]

  1. (en) Breitenmoser, U., Breitenmoser-Wursten, C., Henschel, P. & Hunter, L. (2008). Panthera pardus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 9 Oktober 2008.
  2. (af) C.S. Grobbelaar. 1959. Soogdiere: Die Vleisetende Roofdiere in: C.F. Albertyn e.a. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie Deel VI. Bl. 2526: … op die lys is daardie groot kat met swart spikkels wat ons in Suid-Afrika die tier noem. Ons sit 'n bietjie opgeskeep met hierdie naam wat ons voorgeslagte vir hom gegee het... Maar nou die naam! Baie mense noem hom bergtier. Hierdie tier van ons kom oor die hele Afrika en in Indië voor. In Indië waar die Hindoes baie meer las van hom het as ons, noem die inboorlinge hom die cheta-bagh, d.w.s. die 'gespikkelde tier'...Dierkundiges wil hê ons moet hom die luiperd noem. Hulle is so gewoond daaraan om die name van diere te verander dat hulle nie kan insien waarom ons aan die ou volksnaam wil kleef nie. Om verwarring te voorkom sal ons hom maar in die vervolg bergtier (luiperd) noem, hoewel hy nog altyd in die volksmond bekend sal staan as die 'tier' . Op bl. 2531 staan (met verwysing na die jaguar): Hy is die Westelike Halfrond se grootste kat. Hierdie groot, swaar kat van by die agt voet en byna 250 pond en met die volmaakte toerusting van 'n roofdier is 'n ware tiran in die hele Suid-Amerikaanse dierewêreld. Hulle noem hom daar ook 'el tigre', die tier. Dit lyk of elke wêrelddeel maar graag 'n tier wil hê: ons in Suid-Afrika noem ons groot, swart, gespikkelde kat ook die 'tier'
  3. (en) Henschel, P., Hunter, L., Breitenmoser, U., Purchase, N., Packer, C., Khorozyan, I., Bauer, H., Marker, L., Sogbohossou, E. & Breitenmoser-Wursten, C. (2008) Panthera pardus. In: IUCN 2010. IUCN Red List of Threatened Species. Version 2010.4. [[[:Sjabloon:Citation error]] online]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search