Lys van die duurste skilderye

Die Mona Lisa is 'n olieverfskildery op populierhout. Die afmetings daarvan is 77cm by 53cm.

Hier volg 'n lys van die duurste skilderye wat nog ooit verkoop is. Skilderye wat baie waardevol is, word, as dit wel verkoop word, gewoonlik deur middel van 'n vendusie verkoop.

Die meeste van die wêreld se beroemdste skilderye is in die besit van museums, en dié verkoop dit baie selde nadat dit aangeskaf is. Hulle is dus letterlik onskatbaar baie werd; as 'n skildery soos die Mona Lisa op die mark sou beland, sal dit baie waarskynlik teen 'n baie hoër prys verkoop word as die skilderye wat hieronder gelys is. Die Guinness-rekordboek lys die Mona Lisa as die hoogste versekerde skildery in die geskiedenis. Dit is op 14 Desember 1962 gewaardeer teen VS$100 miljoen.[1] As 'n mens in berekening bring dat die tydswaarde van geld verander, sal dit ongeveer VS$666 666 666,67 in 2006 gekos het. (Hierdie bedrag, asook die tydswaardebedrae hieronder, is bereken deur die inflasietabelle by Konversiefaktortabelle Geargiveer 17 Julie 2006 op Wayback Machine).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search