Lys van grootste sterre

Relatiewe groottes van die planete van die Sonnestelsel en verskeie bekende sterre, onder meer van die grootstes bekend: VY Canis Majoris, NML Cygni en UY Scuti.
  1. Mercurius < Mars < Venus < Aarde
  2. Aarde < Neptunus < Uranus < Saturnus < Jupiter
  3. Jupiter < Proxima Centauri < Son < Sirius
  4. Sirius < Pollux < Arcturus < Aldebaran
  5. Aldebaran < Rigel < Antares < Betelgeuse
  6. Betelgeuse < VY Canis Majoris < NML Cygni < UY Scuti

Hierdie lys van grootste sterre is gerangskik volgens hul radius. Die meeteenheid is ’n sonradius (sowat 695 500 km). Sterre met 'n radius van tot 1 000 sonradiusse word aangedui, met 'n paar ander ter vergelyking.

Die presiese volgorde van die sterre is nie honderd persent vasgestel nie:

  • Daar is taamlike onsekerhede oor geraamde waardes en groottes;
  • Die afstand na die verskillende sterre is nie oral ewe seker nie en dit beïnvloed die meting van die groottes;
  • Sommige sterre het ’n uitgebreide atmosfeer, is omring deur stof of pulseer, sodat hul radius nie presies bereken kan word nie;
  • Verskeie ander faktore kan ook die meting van die groottes beïnvloed.

Op dié lys is verskeie voorbeelde van sterre in uiters verre sterrestelsels, wat effens verskillende eienskappe het as die huidige grootste bekende sterre in die Melkweg. Sommige rooisuperreuse in die Magellaanse Wolke het byvoorbeeld na verwagting effens ander beperkende temperature en ligsterktes. Sulke sterre kan perke oorskry deur oor slegs ’n paar maande (of jaar) groot ontploffings of ’n verandering in hulle spektraaltipe te ondergaan.[1]

Die grootste ster wat waarskynlik nog ontdek is, is Stephenson 2-18. As dit in die plek van die Son geplaas word, sal dit tot anderkant Saturnus se wentelbaan strek.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ren

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search