Lys van katrasse

Hierdie lys van katrasse sluit in huiskatte en kruisings tussen huis- en wilde katte (soos die Bengaalse en die Savannekat). Dit is ’n algemene lys en nie beperk tot ’n sekere vereniging nie. Klassifiseringsverskille tussen verskillende katregisters bring mee dat ’n individuele dier van register tot register kan verskil. The International Cat Association (TICA) se Himalajakat word byvoorbeeld deur die Cat Fanciers' Association (CFA) in Amerika beskou as ’n kleurpunt-weergawe van die Persiese kat, terwyl die CFA se Javanese kat deur TICA beskou word as ’n kleurvariant van die Balinese kat.

Langhaar- en korthaarhuiskatte is nie rasse nie, maar terme wat in katliefhebbery gebruik word om katte te beskryf wat nie tot ’n spesifieke ras behoort nie. Net so is ’n skilpaddopkat nie ’n ras nie, maar ’n kat met ’n sekere kleurpatroon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search