Maagde-eilande

Maagde-eilande
Inheemse naam: Virgin Islands
Ligging van die Maagde-eilande
Ligging van die Maagde-eilande
Geografie

Ligging Atlantiese Oseaan, Karibiese See
Koördinate 18°05′N 64°50′W / 18.083°N 64.833°W / 18.083; -64.833Koördinate: 18°05′N 64°50′W / 18.083°N 64.833°W / 18.083; -64.833
Argipel Klein-Antille

Oppervlakte 505 vk km

Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

Hoofstad Road Town
Grootste stad Road Town (9 400)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eilandgebied Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
Hoofstad Charlotte Amalie
Grootste stad Charlotte Amalie (18 914)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eilandgebied Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
Hoofstad San Juan
grootste stad San Juan (395 326)

Demografie
Bevolking 146 508

Die Maagde-eilande (Engels: Virgin Islands) bestaan uit die Amerikaanse Maagde-eilande, 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika, en die Britse Maagde-eilande, 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk, tussen die Karibiese See in die suide en die Atlantiese Oseaan in die noorde. Die Spaanse Maagde-eilande behoort sedert die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 aan die Amerikaanse eilandgebied Puerto Rico. Die eilande is in die weste van Anguilla en in die ooste van Puerto Rico geleë. Die Maagde-eilande het 'n bevolking van 146 508 in 2003 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 505 km². Die VS-dollar is in albei gebiede die amptelike geldeenheid.

Geografiese kaart van die Maagde-eilande
Politieke kaart van die Maagde-eilande:

   Amerikaanse Maagde-eilande

   Britse Maagde-eilande

   Spaanse Maagde-eilande (Puerto Rico)

   Puerto Rico (VSA)

Die eilande is deur Christophorus Columbus op 14 November 1493 vir Europa ontdek en vir Spanje in besit geneem, maar die eilande is nie deur Spanjaarde bevolk nie. Sedert die 17de eeu was die eilande tussen Denemarke en Engeland opgedeel en sommige eilande was tydelik in Nederlandse besit. 1917 het die VSA die Deense deel vir 25 miljoen VS-dollar gekoop.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search