Maatstreep

Soorte maatstrepe

In musieknotasie is ’n maat ’n tydsegment wat ooreenstem met ’n spesifieke aantal maatslae waarin elke maatslag verteenwoordig word deur ’n spesifieke nootwaarde en die grense van die maat aangedui word deur vertikale maatstrepe. Die verdeling van musiek in mate voorsien gereelde verwysingspunte om plekke in ’n stuk musiek te identifiseer. Dit maak geskrewe musiek ook makliker om te volg, aangesien elke maat met balksimbole as ’n groep gelees of gespeel kan word.[1] ’n Stuk bestaan tipies uit etlike mate van dieselfde lengte, en in moderne musieknotasie word die aantal maatslae in elke maat vasgestel aan die begin van die bladmusiek deur die boonste syfer van ’n tydmaatteken (soos 3/4), terwyl die onderste syfer die nootwaarde van die maatslag aandui (in die voorbeeld 3/4 het die maatslag ’n kwartnootwaarde).

Die eerste volledige maat van ’n stuk musiek word ‘maat 1’ of ‘m. 1’ genoem. Wanneer die musiek met ’n anakrusis (’n onvolledige maat aan die begin van ’n stuk musiek) begin, is ‘maat 1’ of ‘m. 1’ die volgende maat.

  1. ChordWizard Software. "www.howmusicworks.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 11 September 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search