Maia

Maia
Griekse, Romeinse nimf
Hermes en Maia, detail van ’n Griekse rooifiguurpot uit c. 500 v.C.
Hermes en Maia, detail van ’n Griekse rooifiguurpot
uit c. 500 v.C.
Naam Maia
Susters Plejades (Grieks)
Verbind met groei
Ouers Atlas en Pleione (Grieks)
Kinders Hermes/Mercurius

Maia of Maja was in die Griekse mitologie een van die Plejades en die ma van Hermes.

Sy was die dogter van Atlas[1] en Pleione die Okeanied,[2] en was die oudste van die sewe Plejades.[3] Die sewe susters is op Berg Kyllini in Arkadië gebore,[4] en word soms bergnimfe of Oreades genoem. Omdat hulle dogters van Atlas was, word hulle ook soms die Atlantiede genoem.[5]

  1. Hesiodus, Theogony 938.
  2. Pseudo-Apollodorus, Bibliotheke 3.10.1.
  3. Bibliotheke 3.10.2; Aratus, Phainomena 255–263.
  4. Pseudo-Apollodorus, Bibliotheke 3.10.1.
  5. Diodorus Siculus 3.60.4.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search