Malusi Gigaba

Malusi Gigaba
Malusi Gigaba
Malusi Gigaba in 2016

Ampstermyn
26 Februarie 2018 – 13 November 2018
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Ayanda Dlodlo
Opgevolg deur Blade Nzimande (wnd.)

Minister van Finansies
Ampstermyn
31 Maart 2017 – 27 Februarie 2018
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Pravin Gordhan
Opgevolg deur Nhlanhla Nene

Ampstermyn
25 Mei 2014 – 31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Naledi Pandor
Opgevolg deur Hlengiwe Mkhize

Minister van Openbare Ondernemings
Ampstermyn
1 November 2010 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Barbara Hogan
Opgevolg deur Lynne Brown

Adjunkminister van van Binnelandse Sake
Ampstermyn
29 April 2004 – 1 November 2010
President Thabo Mbeki
Kgalema Motlanthe
Jacob Zuma
Opgevolg deur Fatima Chohan

Persoonlike besonderhede
Gebore 31 Augustus 1971 (1971-08-31)
Eshowe, Suid-Afrika[1]
Politieke party African National Congress (sedert 1990)
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (tot 1990)
Alma mater Universiteit van Durban-Westville

Knowledge Malusi Nkanyezi Gigaba (gebore 30 Augustus 1971 Eshowe) is 'n voormalige kabinetslid van Suid-Afrika. Hy was voorheen die Minister van Finansies, die jongste minister wat die amp beklee het. President Jacob Zuma het hom op 30 Maart 2017 as opvolger van Pravin Gordhan aangestel. Hy is op 26 Februarie 2018 deur president Cyril Ramaphosa weer in sy vorige portefeulje as Minister van Binnelandse Sake heraangestel.

Hy het 'n B-graad in Opvoedkunde en 'n meerstersgraad in die sosiale wetenskappe. Hy het 14 jaar lank in 'n regeringspos gedien. In 1990 het hy by die ANC-jeugliga aangesluit en ses jaar later het hy die liga se president geword, vir 8 jaar lank. Hy was 'n lid van die parlement en is in November 2010 deur president Zuma as Minister van Openbare Ondernemings aangestel. Hy probeer sonder sukses om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te hervorm en in 2014 word hy die Minister van Binnelandse Sake.[2]

Sy aanstelling as Minister van Finansies is met wantroue deur die internasionale bankwêreld begroet. Die Suid-Afrikaanse rand het met 4% geval en S&P Global het Suid-Afrika se kredietgradering op 3 April 2017 van BBB- na BB+ verlaag, wat gewoonlik met rommelstatus aangedui word. Die rand het hierna nog 'n verdere 2% verloor.[3]

Gigiaba het op 13 November 2018 as Minister van Binnelandse Sake en ook as parlementslid bedank, nadat sy seksuele skandes op die lappe gekom het. Vervolgens is Blade Nzimande vir 10 dae as waarnemende Minister van Binnelandse Sake aangestel.[4] Hy is weer opgevolg deur Siyabonga Cwele.

  1. "Who's who: Malusi Gigaba". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2017. Besoek op 7 April 2017.
  2. "Who is Malusi Gigaba? Meet the new finance minister". eNCA (in Engels). 31 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2018. Besoek op 30 Desember 2019.
  3. "South Africa's credit rating cut to junk". BBC News (in Engels). 3 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  4. "Omstrede minister Gigaba bedank". Maroela Media. 13 November 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search