Mandla Mandela

Mandla Mandela

Ampsbekleër
Termynaanvang
Mei 2009
President Jacob ZumaC. Ramaphosa

Hoof van die Mvezo Tradisionele Raad
Ampsbekleër
Termynaanvang
tans

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Junie 1974 (1974-06-21)
Orlando-Oos, Soweto, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Rhodes-universiteit (B.A.)
Religie Islam

Mandla Mandela (gebore 21 Junie 1974)[1] is sedert 2009 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Hy is 'n kleinseun van die afgestorwe ikoon-president Nelson Mandela. Sy vader, Makgatho Mandela, is in 2005 oorlede, wat sy weg gebaan het na die hoofmanskap van die stam. Aangesien die stam eers in 2007 besprekings gehou het om 'n lid uit die Mandela-familie te verkies, is hy as opvolger gekies. Nelson Mandela het byna 70 jaar tevore die reg van Thembu-leier prysgegee om wit heerskappy in Suid-Afrika te beveg. Terwyl die stam nou van hom verwag het om sy titel terug te eis, het hy voorgestel dat sy kleinseun die rol aanneem. Toe die jonger Mandela in 2007 hoofman geword het, was hy slegs 32 jaar oud en die meeste van sy pligte het glo stamseremonies behels, om geskille tussen stamlede te besleg en om die stam tydens politieke kwessies te verteenwoordig.

  1. "Nelson Mandela grandson Mandla Mandela is born – 21 June 1974". Nelson Mandela Foundation. Besoek op 15 April 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search