Mangaung-ovaal

Mangaung-ovaal
Ligging Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika
Koördinate 29°7′0.04″S 26°12′18.97″O / 29.1166778°S 26.2052694°O / -29.1166778; 26.2052694
Eienaar Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit
Operateur Vrystaat Krieket
Kapasiteit 20 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1989
Huurders
Vrystaat (1989–hede)
Knights-krieketspan (2004–hede)

Die Mangaung-ovaal (voorheen bekend as Springbokpark, Chevroletpark, Goodyearpark en die OUTsurance-ovaal) is 'n stadion in Bloemfontein, Suid-Afrika, aangrensend aan die Vrystaatstadion. Die stadion, wat oorwegend vir krieketwedstryde gebruik word, is in 1989 geopen en kan 20 000 toeskouers huisves. Dit is die tuisveld van die Knights-krieketspan. Mangaung-ovaal is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search